# Krieket: Suid-Afrika en Indië se vroue pak mekaar vandag in die vyfde en laaste T20 in Benoni, Gauteng. Die Proteas het reeds die reeks beklink danksy oortuigende oorwinnings in die eerste twee kragmetings in Durban en die derde in Johannesburg, voor die besoekers teruggeslaan het met ‘n oorwinning met 14-lopies in die voorlaaste een, ook op die Wanderers. Vandag se wedstryd is die laaste vir die gasvroue voor hulle hul T20-Wêreldbekertoernooi in England op 13 Junie afskop teen Australië.
Krieket: Suid-Afrika en Indië se vroue ontmoet in laaste T20 in Benoni