# Die adjunkminister vir Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê die nuwe Nasionale Oop Wetenskapbeleid wat Suid-Afrika aangeneem het, is ‘n deurslaggewende oomblik vir die land se wetenskap- en innoveringslandskap. Die beleid stem nou ooreen met die UNESCO-aanbeveling oor oop wetenskap en ondersteun wyer toegang tot navorsing wat openbaar befonds word. Die departement se woordvoerder, Veronica Mohapeloa, sê die land is ook onder die eerste lande in Afrika wat ‘n omvattende nasionale Oop Wetenskapbeleid aangeneem het:
Suid-Afrika een van eerste lande in Afrika met omvattende nasionale Oop Wetenskapbeleid [KLANK]
ENG MohapeloaONPolicy