# Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier en filantroop, Jenna Clifford is op 64-jarige ouderdom oorlede na ‘n stryd teen kanker. Clifford is gisteraand, omring deur haar familie, vreedsaam oorlede. Clifford is geprys vir haar kreatiewe uitnemendheid, vriendelikheid en vrygewigheid. Haar familie het haar beskryf as ‘n mentor, ikoon en leier. ‘n Privaat begrafnis sal gehou word, met ‘n openbare gedenkdiens in Johannesburg wat binnekort sal volg.
Suid-Afrika betreur die afsterwe van ikoniese juwelier Jenna Clifford