Skip to content

Subkomitee van Nasionale Vergadering se reëlskomitee stem saam oor reëls vir ampsklagkomitee

# ʼn Subkomitee van die Nasionale Vergadering se reëlskomitee het ooreengekom oor die reëls wat die werk van die ampsklagkomitee sal lei. Dis in ooreenstemming met die Konstitusionele Hof se beslissing dat die ampsklag-prosedure teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage voortgaan. Die president het die Artikel 89-paneel se verslag in hersiening geneem en benadruk dat hy nie die ampsklagkomitee se voorbereidingswerk sal teenstaan nie. Die subkomitee se voorsitter, Doris Mpapane, sê die voorgestelde reëls sal volgende week vir oorweging aan die reëlskomitee voorgelê word.