Skip to content

Studie bevind toename in gebruik van velbleikmiddels

# ‘n Nuwe studie in die Journal of Racial and Ethnic Health Disparities toon ‘n skerp toename in die gebruik van velbleikprodukte onder Afrika-vroue. Minstens 50-persent van die deelnemers gebruik die middels. Navorser Oyenike Balogu sê dit dui op ‘n gaping tussen vroue se verklaarde tevredenheid met hul velkleur en onderbewuste voorkeure. Kenners sê die tendens weerspieël ingewikkelde sosiale en kulturele druk. Studies toon dat velverbleiking regoor Afrika voorkom, wat kommer wek oor gesondheidsrisiko’s en maatskaplike skoonheidstandaarde.