Skip to content

Studie bevind beleidsonsekerheid bedreig befondsing vir SA se skoon energie

# ‘n Nuwe studie, Beleggingsvereistes vir Suid-Afrika se Energiesektor om teen 2050 Energiesekerheid en Geen Koolstofvrystellings te bereik, het bevind groen industrialisering is die mees bekostigbare pad na energiesekerheid en ontkoling. Luidens die gesamentlik publikasie deur onder meer die Presidensiële Klimaatkommissie en die Nasionale Beplanningskommissie wil die land 85-persent van sy krag uit hernubare energiebronne verkry, ondersteun deur gas en battery-opberging. Die verslag sê 3,5-duisend-miljard rand se beleggings word verwag, maar waarsku dat ‘n gebrek aan koördinering en beleggersvertroue gapings in die befondsing kan skep.