# Rugby: Die kaptein van die Stormers, Ruhan Nel sê hulle is teleurgesteld dat hulle slegs derde op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer geëindig het, aangesien die tweede plek ‘n tuishalfeindstryd sou verseker het, indien hulle na die volgende ronde sou deurgaan. Hul eerste doelwit was egter om ‘n tuiskwarteindstryd te verseker en hulle is baie opgewonde. Die Stormers pak Cardiff volgende Saterdag in Kaapstad nadat hulle teen dieselfde span in hul laaste groepwedstryd in Wallis verloor het. Nel sê hulle moet uit hul foute kan leer om sekere dinge beter te doen.
Stormers-kaptein sê tuiswedstryd in kwarteindstryd was hul eerste doelwit