# Die Ahmed Kathrada-stigting vra die Parlement om die ampsklag teen president Cyril Ramaphosa met die erns te benader wat dit verdien, en seker te maak dit ontaard nie in ‘n politieke spektakel of faksiestryd nie. Die Konstitusionele Hof het Vrydag beslis die Nasionale Vergadering se stemming oor die Phala Phala-saak in die Parlement was ongeldig en ongrondwetlik. Die stigting vra die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om vinnig op te tree met die implementering van die Hof se bevel, en te verseker dat die grondwetlike plig van toesig gehandhaaf word.
Stigting vra Parlement om ampsklag teen Ramaphosa met nodige erns te benader