# Die sterftesyfer weens Tifoon Kalmaegi in die Filippyne het tot 66 gestyg terwyl derduisende mense uit hul huise moes vlug. ʼn Noodtoestand is in die Cebu-provinsie afgekondig waar 49 mense dood is. Die meeste slagoffers het verdrink, en 26 mense word vermis. Kalmaegi is die 20ste storm wat die land vanjaar tref. Dit het vandag effens verhewig terwyl dit oor die Suid-Chinese See na Viëtnam beweeg, waar mense voorbereidings tref voor die tifoon na verwagting Vrydag die land bereik.
Sterftesyfer weens Tifoon Kalmaegi in die Filippyne styg tot meer as 60