# Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in September met 10,7-persent gedaal vergeleke met ‘n jaar gelede. Die afname is hoofsaaklik veroorsaak deur laer produksie van ystererts, steenkool, platinumgroepmetale en diamante. Mynbouproduksie is egter met 2,8-persent meer as in Augustus. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê die verkoop van minerale het gedaal met 4,1-persent in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, met laer verkope van ystererts, platinumgroepmetale en goud wat tot die afname gelei het:
Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie daal in September met 10,7% [KLANK]
AFR TerblancheOnSeptMining