# Statebondspele: Suid-Afrika se Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het ʼn sterk span atlete aangekondig om die land by die Statebondspele in Glasgow te verteenwoordig. Die atlete sal meeding in atletiek, swem, boks, gimnastiek, para-atletiek, netbal, judo, rolbal, gewigoptel, fietsry en rolstoel-basketbal. Atlete soos Chad Le Clos, Akani Simbine, Caitlin Rooskrantz, Bridget Calitz, Erin Gallagher, en Prudence Sekgodiso sal deelneem. Die Statebondspele vind van 23 Julie tot 2 Augustus in Skotland plaas.
Statebondspele: Sterk Suid-Afrikaanse span gekies vir Glasgow Spele