Skip to content

Statebondspele: Silwer vir Rademeyer, SA gediskwalifiseer in mans 4x100m-aflos

# Statebondspele: Span Suid-Afrika het sy baan- en veldvertoning in Glasgow met ‘n totaal van vier medaljes afgesluit. Kyle Rademeyer het silwer in die mans se paalspringeindronde verower met ‘n seisoen-beste van 5,70-meter, terwyl Kurtis Marschall van Australië die goud gewen het met ‘n Spele-rekord van 5,85-meter. In die mans se 4 maal 100 meter-afloseindronde is die Suid-Afrikaners egter gediskwalifiseer vir ‘n baanoortreding. Mvuyo Moss, Cheswill Johnson, Bradley Nkoana en Akani Simbine het uit baan ses weggespring en vyfde geëindig nadat Simbine gesukkel het om in die pylvak by te hou.