# Statebondspele: Suid-Afrika het nog twee medaljes in die swembad gebuit en sy medalje-oes staan nou op elf. Michael Houlie het silwer gewen in 26,77-sekondes in die mans se 50-meter-borsslag, waarin die Australiër Sam Williamson goud verower het en Adam Ramsay-Peaty van Engeland brons. Erin Gallagher, wat aan haar laaste Spele deelneem, het brons verower in 57,39-sekondes in die vroue se 100 meter-vlinderslag. In die rolstoel-basketbal het Suid-Afrika se mans Maleisië 13-10 verslaan. Hulle sal vir die halfeindronde kwalifiseer indien Skotland in die laaste groepswedstryd met Wallis afreken.
Statebondspele: Nog twee medaljes in die swembad vir Span Suid-Afrika