# ‘n Algemene staking in Italië ter ondersteuning van die Gaza-hulpflottielje ontwrig treinedienste en meer chaos word vir pendelaars verwag op die tweede dag van betogings in Rome. Die staking volg na betogings gister in verskeie stede oor die wêreld, insluitend Milan en Rome, waar ongeveer tien-duisend mense van die Colosseum af betoog het. Betogers het vanoggend weer in Rome bymekaar begin kom om verby die groot plein buite die sentrale treinstasie van Termini te stap, waar dienste vir tot 80 minute gekanselleer of vertraag is.
Stakings in Italië ter ondersteuning van die Gaza-hulpflottielje ontwrig openbare vervoer