Skip to content

Stadsraad Tshwane aangesê om volledige munisipale dienste binne 30 dae by varsproduktemark te lewer

# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, en die stadsbestuurder, Johann Mettler, kan moontlik tronkstraf kry as hulle nie die stad se varsproduktemark herstel nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het hulle 30 dae gegee om ‘n plan te beraam om dienste soos sekuriteit en rommelverwydering te verbeter, en om te verduidelik hoe 18-miljoen-rand vir opgradering aangewend is. Die hof het Tshwane in minagting bevind omdat hy versuim het om ’n bevel van 2022 na te kom en het Moya en Mettler se tronkstraf vir een jaar opgeskort, hangende nakoming. Die Instituut van Markagente het die stad voor die hof gedaag.