Skip to content

Stad Tshwane stel stedelike soek-en-redding-opleidingsprogram bekend

# Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Hannes Coetzee, verwelkom die amptelike bekendstelling van die plaaslike Departement van Nooddienste se Opleidingsprogram vir Stedelike Soek-en-Reddingsoperasies by die Erasmuskloof-brandweerstasie se opleidingsakademie. Altesaam 25 brandbestryders is gekies om deel te wees van die stedelike soek-en-redding-span en sal as tegnici opgelei word. Coetzee sê deur brandbestryders plaaslik op te lei, word koste bespaar. Dit versterk ook die metro se operasionele gereedheid en verseker dat Tshwane nooddienste van wêreldgehalte aan gemeenskappe lewer.