# Die Stad Tshwane sê hy stel ondersoek in na die bron van toenemende ingewandskoors-gevalle in Hammanskraal en Bronkhorstspruit. Dit volg te midde van openbare kommer oor watergehalte in die metro. Talle gevalle is die afgelope tyd by die Jubilee-hospitaal in Hammanskraal en die Bronkhorstspruit-hospitaal aangemeld waar 13 pasiënte behandel is. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê voorlopige uitslae van drinkwater wat getoets is, kon nie ʼn epidemiologiese skakel tussen hierdie gevalle bevestig nie: