# Die Stad Tshwane sê hy oorweeg nog die Iranse ambassade se versoek om die Pretoriase stadsaal te huur, maar het nog nie ingestem nie. Die stadsaal word al byna ʼn dekade lank nie gebruik nie en sowat 200-miljoen-rand is nodig om dit op te knap. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê onderhandelings tussen die metro en die ambassade is ondersoekend van aard en geen party het hom nog tot ’n ooreenkoms verbind nie.
Stad Tshwane oorweeg steeds Iranse ambassade se aanbod vir stadsaal