# Die Stad Tshwane en die Tshwane-metropolisiedepartement het ‘n vyfjaar ooreenkoms met AWARE.org onderteken om dronkbestuur hok te slaan. Die ooreenkoms sal fokus op bewusmaking, opvoeding oor padveiligheid en wettige asemtoetse. Die uitvoerende hoof van AWARE.org, Mokebe Thulo, sê die vennootskap is daarop gemik om alkoholverwante skade met opvoeding en afdwinging te verminder. Die hoof van die Verkeersdepartement, Yolande Faro, sê die departement ondersteun veiliger paaie en gemeenskappe. Die projek sluit padversperrings, die deel van data en gesamentlike veldtogte in as deel van ‘n nasionale strategie om alkoholskade te verminder.
Stad Tshwane, Metropolisie en AWARE.org teken ooreenkoms om dronkbestuur te bekamp