# Die Stad Tshwane sê verskeie paaie rondom Loftus Versfeld-stadion sal vandag vir die Scorpion Kings-musiekkonsert gesluit wees. Van twaalfuur tot eenuur die oggend sal strate, insluitend Lynnwood, Kirkness, Walton Jameson, Bond, Park, Arcadia en omliggende kruisings, geraak word. Motoriste word aangeraai om Francis Baard-, Pretorius-, Justice Mahomed-, Stanza Bopape- en Jan Shoba-strate as alternatiewe te gebruik. Tshwane Metropolisie en SAPD-beamptes sal ontplooi word om alle betrokke gebiede te monitor.
Stad Tshwane kondig sluiting van paaie aan vir Scorpion King-konsert