# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die metro sal voortgaan om ʼn veerkragtiger en doeltreffender elektrisiteitsnetwerk vir alle gemeenskappe te bou. ʼn Projek in Soshanguve om nuwe, ondergrondse elektrisiteitskabels te lê, vorder goed. Sy sê sodra die nuwe infrastruktuur verbind en aangeskakel is, sal foute in spesifieke gebiede beperk word wat wydverspreide onderbrekings in die groter Soshanguve-streek sal voorkom. Moya sê terselfdertyd word infrastruktuur by die W-substasie opgegradeer en weer geïnstalleer.
Stad Tshwane bou veerkragtiger en doeltreffender kragnetwerk