Skip to content

Stad Tshwane begin met elektrisiteits-kapitaalprojek in Olievenhoutbosch

# Die Stad Tshwane het ‘n groot elektrisiteitskapitaalprojek in Olievenhoutbosch aan die kontrakteur oorhandig. Dit is die begin van ‘n noodsaaklike infrastruktuur-herstelprojek wat daarop gemik is om die kragvoorsiening aan Olievenhoutbosch en aangrensende gebiede bestendig te maak. Die plaaslike substasie, wat in 2017 verniel is, is reeds etlike jare buite werking. Dit maak groot dele van Streek 4 kwesbaar vir aanhoudende ​​kragonderbrekings. Sowat een-miljoen-rand is in die 2025/26-boekjaar toegeken om voorkeur te gee aan die tweede fase van die opknapping van die substasie.