# Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om teen Desember na e-rekenings oor te skakel, aangesien alle munisipale rekenings binnekort per e-pos en nie langer deur die pos gestuur sal word nie. Meer as 475-duisend inwoners het alreeds oorgeskakel. Die Burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê dit bespaar geld, verminder die gebruik van papier en help inwoners om hulle rekenings beter te bestuur: