Skip to content

Stad Kaapstad veroordeel aanvalle op Metropolisie-beamptes [KLANK]

# Die Stad Kaapstad sê geweld teen wetstoepassers kan nie geregverdig word nie. Dit volg nadat Metropolisie-beamptes die naweek tydens die uitvoering van hul pligte aangeval is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê daar is Saterdag op Metro-beamptes in Manenberg geskiet toe hulle op berigte van geweervuur gereageer het. Hy sê in Macassar is beamptes Sondag deur gemeenskapslede aangeval toe hulle ʼn verdagte wou arresteer wat in besit van dwelms en ʼn gevaarlike wapen betrap is:

AFR SmithONAttacks