Skip to content

Stad Kaapstad sê daar is nuwe vereistes vir oorspronklik gesertifiseerde ID-dokumente by lisensiekantore

# Die Stad Kaapstad sê van volgende maand af is oorspronklike gesertifiseerde identiteitsdokumente ‘n vereiste by alle lisensiekantore, kantore vir voertuigregistrasie en toetssentrums vir bestuurslisensies. Dis ‘n vereiste volgens die Nasionale Padverkeerwet. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê November is die besigste maand by kliëntedienssentrums en kliënte word aangemoedig om aanlynhernuwing van voertuiglisensies en rekeningverwante sake te gebruik.