# Die Stad Kaapstad het sy verbintenis herbevestig om in vroueleiers te belê as ‘n manier om openbare dienslewering te versterk. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, het tydens die tweede jaarlikse konferensie vir Vroue in die Regering gesê inklusiewe leierskap, digitale innovering en vaardigheidsontwikkeling is die sleutel tot die verbetering van dienslewering. Uys sê die stad gaan voort om vroue deur middel van beurse, internskappe, loopbaanontwikkeling en vaardigheidsprogramme te ondersteun om ‘n sterker en meer inklusiewe openbare sektor te ontwikkel.
Stad Kaapstad sê bemagtiging van vroue versterk regering en dienslewering