# Die Stad Kaapstad het 40 nuwe metropolisiebeamptes ontplooi om veiligheid te verbeter op die N2-snelweg, die lughawe en die Borcherds-steengroefgebied. Patrollies sal dag en nag in werking wees om motoriste by te staan en misdaad te voorkom. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis deel van die stad se grootste belegging in wetstoepassing in meer as ‘n dekade, met beamptes wat toegerus is met paneelkameras en nommerplaat-herkenningstegnologie. Hill-Lewis moedig padgebruikers aan om veilig te bestuur, voertuie padwaardig te hou en enige verdagte bedrywighede langs hierdie sleutelroetes aan te meld.
Stad Kaapstad ontplooi 40 nuwe metropolisiebeamptes om die N2 en lughawe-omgewing veilig te hou