# Die Stad Johannesburg het 13 beweerde gevalle van finansiële wangedrag van byna vier-miljard-rand na sy onafhanklike dissiplinêre raad vir ondersoek verwys. Die bewerings sluit in ongemagtigde, onreëlmatige en verkwistende uitgawes wat verband hou met moontlike oortredings van finansiële en voorsieningskettingwette. Die stad sê die stap is daarop gemik om aanspreeklikheid en bestuur te versterk, en beklemtoon geen amptenaar is skuldig bevind nie en alle bewerings sal deur die korrekte regsproses ondersoek word.
Stad Johannesburg verwys bewerings van R4-miljard se finansiële wangedrag vir ondersoek