Skip to content

Stad Johannesburg neem deel aan Afrika se vooraanstaande handelskou vir die motorbyhore-bedryf

# Die Stad Johannesburg neem die week deur sy Departement van Ekonomiese Ontwikkeling se Handels- en Beleggingsdirektoraat, deel aan Automechanika Johannesburg 2025. Dit is Afrika se toonaangewende handelskou vir die motorbybehore-mark, wat handelaars, vervaardigers en beleggers van reg oor Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara lok. Die metro sê hulle deelname beklemtoon hulle verbintenis om ‘n vrugbare omgewing vir plaaslike klein-, medium- en mikro-ondernemings te skep ten einde toegang tot nuwe markte te verkry, beleggings te lok en hul bedrywighede te laat groei.