# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap het nie ʼn Operasie Sibonkolo nie. Dit volg na berigte in ʼn Sondagkoerant dat ʼn intelligensieverslag beweer Ntshavheni word beskuldig dat sy staatsbronne misbruik om haar politieke en persoonlike ambisies te bevorder. Sy het volgens berigte ʼn geheime operasie, Sibonkolo, begin om die huidige adjunkpresident, Paul Mashatile, en nege ander senior ANC-leiers dop te hou en smeerveldtogte teen hulle te voer. Ntshavheni beskryf die bewerings as afleidingstaktieke wat vordering in die agentskap se hervormingsproses wil ondermyn.
Staatsveiligheidsagentskap ontken bewerings van sogenaamde Operasie Sibonkolo