# Die Vereniging van Staatsamptenare is woedend oor berigte dat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sowat 50-miljoen-rand gaan betaal vir ʼn huurooreenkoms van ʼn gebou in Pretoria wat nooit gebruik is nie. ʼn Woordvoerder, Claude Naicker, sê dit verteenwoordig ernstige versuim wat bestuur, aanspreeklikheid en finansiële bestuur in die betrokke departement betref. Hy sê die situasie laat belangrike vrae ontstaan, soos wie het toestemming gegee vir die huurkontrak, en watter prosesse is gevolg voor die staatsfondse bestee is:
Staatsdiensvakbond woedend oor R50-miljoen skikking vir ongebruikte gebou [KLANK]
ENG NaickerONSettlement