# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Departement van Gesondheid om die ondersteuningstelsels vir mediese interns en gesondheidswerkers te versterk. Dit volg op die dood van ‘n jong dokter by die Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela, Mpumalanga. Die intern is Sondag dood in sy woonstel aangetref, maar die oorsaak is nog nie bekend nie. Nomfundo Mlangeni van die vakbond sê die voorval beklemtoon die behoefte aan beter geestesgesondheidsondersteuning in hoëdruk-omgewings.
Staatsdiensvakbond vra vir sterker ondersteuningstelsels na dood van ‘n Mpumalanga mediese intern