Skip to content

Staatsdiensvakbond vra streng optrede teen wanpraktyke na toename in seksuele misbruik van leerders

# Die Vereniging van Staatsamptenare het die kommerwekkende toename in gevalle van leerders wat seksueel deur onderwysers misbruik word, ten sterkste veroordeel. Volgens die vakbond is 111 gevalle in die 2024/2025-tydperk aangemeld wat 35-persent meer is as die vorige jaar. Claude Naiker van die vakbond sê die huidige maatreëls slaag nie daarin om leerders te beskerm nie en doen ’n beroep op strenger keurings, verpligte aanmelding van misbruik, en beter opleiding vir skoolpersoneel.