# Die Vereniging van Staatsamptenare vra dat ʼn gekwalifiseerde, bevoegde uitvoerende hoof onmiddellik aangestel word om oor te neem en die situasie by die Tembisa Provinsiale Tersiêre Hospitaal te beredder. Dit volg na berigte van wanbestuur van staatsbates, blatante nalatigheid en agterlosigheid, en onbelangstellende bestuur. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê dis ontstellend dat die hospitaalbestuur mediese voorrade en toerusting in stoorplekke wat nie behoorlik kan sluit nie, opgaar tot dit verval en dan sonder die nodige protokolle daarvan ontslae raak:
Staatsdiensvakbond vra dat gekwalifiseerde en bevoegde hoof by Tembisa-hospitaal aangestel word [KLANK]
ENG NaickerONTembisaHospital