# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor veiligheidsmaatreëls by Binnelandse Sake in Germiston nadat ʼn brand Dinsdag die gebou verwoes het. Die voorval het plaasgevind tydens gewelddadige betogings oor uitsettingsoperasies by die nabygeleë Pharoepark-woonstelle, waar mense munisipale behuising beset sonder om huur te betaal. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê geweld en vernietiging van openbare infrastruktuur stel werkers se veiligheid in gevaar en ondermyn die voorsiening van noodsaaklike dienste:
Staatsdiensvakbond vra Binnelandse Sake om werknemers te ondersteun na brandstigting by Germiston-gebou [KLANK]
ENG NaikerOnDestruction