# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle is uiters bekommerd oor gevaarlike werksomstandighede by die Gautengse Departement van Onderwys se Registrasiekantoor in Ekurhuleni. Tydens ‘n onlangse inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid en die Vereniging vir Staatsamptenare, is bevind dat die Registrasie-omgewing erg oorvol, vuil en onveilig was, met hope lêers wat rondlê. Die vakbond sê hulle verwelkom die departement se besluit om ‘n verbodskennisgewing uit te reik en die fasiliteit te sluit. Hulle voeg by die veiligheid en welstand van werknemers is nie onderhandelbaar nie.
Staatsdiensvakbond verwelkom sluiting van Gauteng-Onderwys se onveilige Registrasiekantoor