# Die Vereniging van Staatsamptenare moedig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, aan om die Openbare Beleggingskorporasie verantwoordelik te hou vir die wanbestuur van die staatsamptenare se pensioenfonds. Volgens die vakbond het meer as 150-miljoen-rand verlore gegaan na die mislukte belegging in Daybreak Farms, wat geen voordeel vir die pensioenarisse ingehou het nie. Claude Naiker van die vakbond vra vir die onmiddellike verwydering van die korporasie se raad, en vir totale deursigtigheid met betrekking tot die verliese.
Staatsdiensvakbond sê beleggingskorporasie het R150-miljoen verloor met Daybreak Farms