# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor die agteruitgang by die Meester se kantoor in Kaapstad. Een van die grootste bekommernisse is die ernstige personeeltekort. Die vakbond sê die werksomgewing is ook baie onaangenaam met werknemers wat gedurig dreigemente van dissiplinêre optrede ontvang wat tot die lae moraal en hoë personeelomset bydra. Lede van die vakbond gaan môre by die Meester se kantore betoog en doen ‘n beroep op die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling om dringend in te gryp en die sistemiese kwessies op te los.
Staatsdiensvakbond onthuts oor agteruitgang van toestande by die Meester se kantoor in Kaapstad