# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy ondersteun die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, se onlangse kabinetskommeling. Die premier het sy Onderwys-LUR, Cathy Dlamini, en LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, afgedank. ʼn Ondersoek deur Ndlovu se kantoor het in Mei onreëlmatighede in Dlamini se departement onthul waar 22 skootrekenaars teen meer as twee-miljoen-rand aangekoop is. Die vakbond sê hierdie veranderinge is noodsaaklik om dienslewering te verbeter, etiese leierskap te bevorder, en die publiek se kommer oor wanadministrasie en korrupsie aan te spreek.
Staatsdiensvakbond loof premier van Mpumalanga se kabinetskommeling