# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die gebrek aan beheer oor menslike hulpbronne het winsgewend geword vir krimineelgesinde mense wat salarisse ontvang sonder om in diens te wees in staatsdepartemente, semistaatsinstellings en munisipaliteite. Die woordvoerder van die vereniging, Claude Naiker, sê alle vlakke van regering en staatsbeheerde maatskappye betaal miljoene rand aan spookwerkers. Hy sê dit laat verdere vrae ontstaan oor die akkuraatheid van die totale aantal werkers soos verskaf deur hierdie departemente en organisasies:
Staatsdiensvakbond bekommerd dat regering en staatsinstellings miljoene rand aan spookwerkers betaal [KLANK]
ENG ClaudeonGhostEmployees