# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is tevrede dat die raad van die Padongelukkefonds ‘n daadwerklike besluit geneem het om uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, op spesiale verlof te plaas as ‘n voorsorgmaatreël totdat ‘n ondersoek voltooi is. ‘n Woordvoerder van die vakbond, Claude Naiker, sê hulle het voorheen die skorsing van Letsoalo versoek na aanleiding van ontstellende onthullings oor ‘n huurskandaal van 79-miljoen-rand. Hy sê hulle verwelkom die besluit en sal voortgaan om wanadministrasie en korrupsie by staatsentiteite te veroordeel:
Staatsdiensvakbond verwelkom besluit om Padongelukkefonds-hoof op spesiale verlof te plaas [KLANK]
ENG ClaudeonRoadAccident