# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi om dringend by die Tembisa Hospitaal in Ekurhuleni in te gryp waar personeel te kampe het met boeliegedrag en intimidasie. Die vakbond beweer die bestuur dwing dokters om by ander hospitale aan te meld sonder regmatige konsultasie, wat arbeidswette verbreek. Stefan Viljoen van die vakbond waarsku dat as hierdie praktyke voortduur, hulle regstappe sal neem om lede te beskerm en vrede in die werkplek te herstel: