# Die Spesiale Tribunaal het die Nasionale Lotery-kommissie se toelaag van vier-miljoen-rand aan die Mshandukani-stigting as ongerymd verklaar en beveel dat dit met rente terugbetaal word. Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind die stigting het in Februarie 2019 aansoek gedoen vir geld om ʼn gemeenskapsontwikkeling-projek te begin wat skoon water aan gemeenskappe in die Oos-Kaap sou voorsien. Die projek sou agt-duisend-en-15 mense bevoordeel en 15 tydelike werksgeleenthede skep. Die Spesiale Ondersoekeenheid het egter bevind dat die meeste van die geld herlei is na instellings wat bande het met die stigting se leierskap.
Spesiale Tribunaal verklaar toelaagbefondsing van R4-million aan Mshandukani-stigting ongerymd