# Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan bewerings van wanadministrasie en korrupsie by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap ondersoek. Die ondersoek sal fokus op die verkryging van gebruiksklaar-programmatuur vir batebestuur en geïntegreerde logistieke ondersteuningsdienste. Die ondersoekeenheid sê hy sal bepaal of die verkrygingsproses volgens Nasionale Tesourie se riglyne was, en of daar onreëlmatighede, gebrek aan deursigtigheid of verkwistende uitgawes was. Hy sal ook kyk na onwettige of onbehoorlike gedrag deur Sita-werknemers, verskaffers of ander instellings wat by die kontrak betrokke was.
Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek korrupsiebewerings by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap