# Spanje se Ministerie van Binnelandse Sake sê 49-duisend migrante het na raming die afgelope 24-uur die enklawe Ceuta per see en land vanuit Marokko bereik. Honderde mense, meestal jongmense op soek na werk en ‘n beter lewe, het na die gebied geswem, terwyl ander per boot gekom het. Die rede vir die skielike toestroming blyk ‘n onlangse uitspraak van die Spaanse Hooggeregshof te wees, wat gelas migrante wat op see onderskep is terwyl hulle probeer om Ceuta en Melilla te bereik, mag nie summier teruggestuur word nie.
Spanje raam ongeveer 49 000 vlugtelinge het die afgelope 24-uur sy grens vanuit Marokko oorgesteek