# Die Suid-Afrikaanse Sonkragbedryfsvereniging verwelkom ‘n nuwe versnelde betalingstelsel vir onafhanklike kragprodusente wat geraak word deur elektrisiteitsbeperkings. Ingevolge die nuwe meganisme sal die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika die volle geraamde waarde van vergoedingseise vooruit betaal, voor dit finaal bevestig word. Die Sonkragbedryfsvereniging sê dit sal kontantvloeidruk verlig, veral vir ekonomiese bemagtigingsvennote, terwyl dit beleggersvertroue verhoog. Die vereniging sê langtermyn-oplossings, insluitend batteryberging en netwerkopknapping, bly noodsaaklik om hernubare energiegroei te ondersteun.
Sonkragbedryf verwelkom vinniger vergoeding vir onafhanklike kragprodusente