# Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrikaanse Lugdiens en sy tegniese afdeling, Suid-Afrikaanse Lugdiens Tegnies, het weereens versuim om salarisse betyds te betaal. Die vakbond het ook kommer uitgespreek oor onbetaalde oortyd en ander toelaes by SAAT. Derek Mans van Solidariteit sê werknemers moet nie onder die redery se finansiële probleme ly nie. Mans sê die redery het ‘n langtermynoplossing nodig, in plaas daarvan om op regeringssteun staat te maak elke keer wanneer dit ‘n verdere finansiële krisis ondervind:
Solidariteit vra vir ’n strategiese vennoot na SAL se salarisse weer agterstallig raak [KLANK]
AFR MansOnSalariesArrears