Skip to content

Solidariteit se lastersaak teen minister Ntshavheni gaan onbestrede voort

# Die vakbond Solidariteit sê sy lastersaak teen die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sal onbestrede voortgaan. Dit volg nadat beide Ntshavheni en president Cyril Ramaphosa nie ‘n antwoord ingedien om die eis te betwis nie. Die saak hou verband met Ntshavheni se uitsprake in Maart wat beweer dat Solidariteit en AfriForum waninligting versprei het tydens hul besoeke aan die VSA. Uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, hou vol daar is geen bewyse om die bewerings te steun nie.