# Die Solidariteit-navorsingsinstituut sê sy ontleding toon 111-duisend vroue en 70-duisend wit mans kan weens teikens vir gelyke indiensneming hul werk verloor. Die Wysigingswet op Billike Indiensneming het op 1 Januarie ingetree. Die wet stel die minister van Arbeid en Indiensneming in staat om numeriese teikens te stel vir gelyke verteenwoordiging van geskikte gekwalifiseerde individue uit aangewese groepe op alle beroepsvlakke. Die instituut se hoof, Connie Mulder, sê hierdie sektorteikens en streng sentrale regulering van arbeid in Suid-Afrika is blatante diskriminasie teen minderhede en groepe.
Solidariteit-navorsingsinstituut kritiseer Wysigingswet op Billike Indiensneming