Skip to content

Sokker: Wenger oorweeg om vir FIFA se presidentskap te staan

# Sokker: Arsenal se gewese afrigter, Arsène Wenger, oorweeg dit om FIFA se president, Gianni Infantino, uit te daag in volgende jaar se verkiesing. Europese ampsdraers oorweeg die 77-jarige as ‘n moontlike kandidaat, maar hy het nog nie finaal besluit nie. UEFA gaan na verwagting hierdie week die moontlikhede bespreek voor die spertyd van 18 November waarop kandidate moet aantoon hulle wil staan. Wenger is sedert 2019 FIFA se hoof van internasionale ontwikkeling. Die verkiesing vind op 18 Maart in Marokko plaas.